Sunday, March 20, 2011

15de Maart 2011

Ek het vandag gesit en dink.  Dink waarheen is hierdie projek oppad. Wat gaan gebeur na die jaar?


As ek kyk wat nou al die afgelope vyf maande gebeur het is dit net asemrowend. 


Ek vat nou vandag weer.  Ek vat vandag weer.  Ek leer elke keer iets nuuts as ek die donasies by Doulos gaan afgee.  Ek's bly dat ek Oom Hans daar gevind het en kon bietjie met hom klets.


Maar eers...


Ek wil net baie dankie se aan 'n sekere oom.  'n Pel van my se familie lid.  Die oom het onlangs verjaar en 'n partytjie gehou.  Hy wou nie geskenke of iets gehad het nie, maar donasies/bydrae.  Hy skenk gereeld iets vir liefdadigheid en hy het toe die bedrag aan my uitgemaak (altans die projek).  'n Bedrag van 6 600 was geskenk vir die projek en ek het dit reguit Doulos toe gevat.  Die mense daar was vreeslik verheug oor die donasie en so het dit gekom dat ek die bedrag aan hulle skenk met die oog om opleiding/opvoeding vir die jeug te bied.  Ek het gehoor dat hulle besig is om 'n studie/akademiese sentrum op te rig, so dit gaan vir die bevordering/opbou van daardie sentrum sodat daar geleer kan word en geleenthede geskep kan word vir ander.


Ta' Snow, My Ma, Oom Willem

Ek, Ta'Snow, Oom Willem
Verder beplan ons weer 'n kaalvoet dag hier rondom Mei maand.  Dit behoort by die silwervalke rugby klub te wees.  Daar gaan ons bietjie praat oor Doulos en hoe mense betrokke kan word en ek gaan 'n klein toespraak lewer en dan gaan ons 'n lekker "fun run" doen.  Berei jouself voor vir so 5km van kaalvoet draf (darem die keer op gras).  Daar sal nog meer uitgebrei word oor dit sodra die datum bevestig is.


Dan soek ek mense wat sal belangstel om saam een saterdag na die nedersettings toe te gaan. Doulos sal ons na die kampte toe neem en ons kan dan self ervaar wat dar gebeur en hoe die omstandighede is.  Ek soek mense wat kan fotos/videos neem sodat ek bietjie materiaal kan kry vir die presentation, so as daar mense is wat wil help daarmee, kontak my asseblief.


Kaalvoet Groete 





Thursday, March 17, 2011

Kruisweg Koffiehuis

Ek het gisteraand bietjie 'n hand gaan gee by kruisweg.  Wat dit behels is jy gee vir behoeftiges kos en klets so bietjie met hulle.  Dit is nogal 'n heel oulike setup.  Almal sit aan tafel en eet en jy bedien hulle met kos en tee.

My hart het regtig uit gegaan aan die mense en dit was amazing om hulle dankbaarheid te ervaar.  Daar was een man wat gevra het vir 'n tweede happie en toe sy kos vir die maat langs hom gegee.  Dit maak 'n mens bly om ook die goedhartigheid onder hulle te sien.

Ek het met een van die ander manne bietjie gesels, want ek het gesien hy het UNISA papiere voor hom.  Nogal oulik.  Hy vertel my dat hy begin het met so bietjie bemarking en so maar wil meer in die multi media inbeweeg.

Dis goed om te sien dat van hulle moeite doen.  Dis nie die beste omstandighede om in te wees nie, maar tog maak hulle werk daaraan om iets te probeer doen met hulle lewens.

Ek is baie lus om een vrydag bietjie te gaan klere uitdeel veral nou met die winter wat om die draai is.  Hou die page dop vir die details en so en kom ons gaan help 'n broertjie uit.

Sunday, March 6, 2011

Visie, missie en die laaste week of wat

So ek het uiteidelik uitgekom om 'n visie en 'n missie te skryf agter die motief van die projek sodat ek die res van julle ook bietjie kan inlig.  Dit gaan soos volg:

Ek het hierdie projek begin op 20 Oktober 2011.  Wat dit behels is, ek loop kaalvoet vir 'n jaar lank vir liefdadigheid en probeer geld insamel om my doel te verwesenlik. 
Die groep se naam is Feet smell, so does Poverty.
 
Ons visie met / vir hierdie projek is om die lewens van Afrikaner armes te verbeter (of te probeer verbeter).  Om weer hoop te kan gee en te inspireer.

Ons missie is om 'n verskil te kan maak.  Bewusmaking is net so groot deel hiervan en wil dit onder studente doen maar ook onder die ouer ( landgenote / senior burgers ) volk.  Ek dink nie elkeen van ons besef wat armoede beteken nie, en daar word gesê dat ons nie eintlik SAL weet wat dit is, sonder om dit te ervaar nie.  Ek het gelees dat hul sê "... ons kom die naaste daaraan as ons sê dat dit 'n situasie van gebrek of onvermoë van individue of gesinne of gemeenskappe is om 'n sosiaal aanvaarbare minimum standaard van lewe te bevredig of te handhaaf."   Dit kan onder meer ook beteken dat daar 'n vervreemdheid onder die gemeenskap is of 'n gebrek aan voedsel, behuising en basiese lewensmiddels is.
Ons missie is  om  uit te vind hoe die behoeftiges in hul huidige situasie beland het en wat hul in die verlede gedoen het, en wat kan ek doen om hul huiduge situasie te verbeter

Van ons beplanning is om is om opleidingsprogramme te doen onder die jeug en om werksgeleenthede te skep vir ander en hulle so toe te rus sodat hulle weer ander kan leer en so 'n sirkel van werkskepping en
opleiding kan begin  ( soos bv. Rekenaargeletterdheid ens).  Dit is die helle "ripple" effek wat ons probeer doen.

Ons het vandag op 'n akroniem afgekom naamlik RIGHT.
Relate, Inform, Generate, Help, Tell.  daar sal nog meer oor dit uitgebrei word.

So versprei die woord. Wees deel en kom ons gee iets terug vir die gemeenskap.

Ons het nou ook besluit om die eerste Maandag van elke maand bymekaar to kom vir 'n lekker kaalvoet draf wat by Café41 in Groenkloof begin aan die gang te kry.  So as jy voel jy wil ons join kom pull in.  Bring 'n R10 of 'n kledingstuk saam en dan begin ons (easy peasy).

As jy van mense weet wat nog nie van die projek weet nie gooi bietjie die link na hulle toe en help om die woord te versprei.

Van die Hoofvoet

Barefoot Blessings 

Monday, February 14, 2011

Jool 2011

Ek het uitgesien vir die dag om hierdie entry te skryf (klap my hande saggies). Saterdag 12 Februarie 2011 was jool optog en die Feet smell, so does Poverty (rebelle) het dit gepull soos in die ou bedeling. Maar, dit was nie heeltyd smooth sailing gewees nie.  

Donderdag oggend skrik ek wakker en besef ek het nie hemde of 'n banner vir die optog nie.  Ek gaan sien toe vir Hardus en kyk wat ons kan reel op so kort kennisgewing.  Hy kry toe die logo reg en alles en bel die mense van die printers en alles is reg (of so het ons gedink).  Die middag gaan sien ek Herr Gunters Hatfield om te reel met die hemde wat hulle vir die projek borg.  Vinnig het ons oë groot gerek toe ek hoor wat dit per hemp gaan kos.  Bel rond, stres, skarrel, stres en nog so bietjie bel kom ons reg by die wenners naamlik SN Printers.  Hulle het ingestem om 100 hemde vir my te print binne 24 uur! Kan jy dit oor vertel?!

Wham! Vrydag oggend het ons hemde, maar nog niks gehoor van die banner nie.

Dag gaan verby.

Saterdag oggend weet ek ek is in die knyp. Hemde maar geen banner. Nice.  Met 'n paar toue wat ons kon trek hier en daar kry ons dit gereel om 'n banner teen next to nothing vir ons te pring (wat pretty awesome lyk, en by verre beter lyk as die een wat ons sou verf haha).

Great alles is reg, maar ek het steeds nie blikkies om te skud nie.

Bel die mannetjie wat in beheer is en ek hoor hy praat met so effense stemmetjie met my en sê hy kan nie nou alles vir my sê nie ek moet hom kom sien. Rooi ligte! Short circuit in die brein. Stres.

Die perd vertel my toe dat ons nie blikkies mag kry nie en ook nie eintlik mag saamloop nie. Great! Al daai beplanning en alles is verniet nadat ek alles 'n week terug met hulle gereel het en dat hulle gesê het dit is alles in orde.  Drop me like it's hot.

Pull so bietjie strings met die Kiaat manne en ons is 2de van voor af in die optog! (ek het regtig gevoel soos 'n leier van 'n rebel groep).  

30 mense pitch op en ons is reg vir die storie. Of so het ons gedink.  Toe ek weer hoor het ons nie tags nie en mag nie deelneem nie! Vinnig vinnig reel ek en Hardus 30 bandjies en is reg vir die optog. Talk about winging it! Maar... ons het nie blikkies nie. Great, dink op die voete en besluit toe om die res van die hemde te verkoop (nadat 30 uitgedeel was vir almal wat saamloop) teen R50 'n shirt. Whammy sorted. Thank you for coming.

Die storie wat nou hier moet volg sal ek los vir die video maar, om dit kort te stel, ek en Hardus het 'n adventure race gehad om die ander 50 hemde by die groep uit te kry haha.

Matt bel my en sê dat alles klaar uitverkoop is! Dis vrek vinnig. Voordat ons middle straat tref het ons amper al die ander hemde verkoop en weg gegee en het 'n totaal van R2500 ingesamel!

Ek het gesmile en kalm gevoel en geweet dat dit een huge sukses was. Almal het dit geniet (of so hoop ek) en met baie geesdrif die stap aangepak.

Ons was nou wel nie 400 of 600 mense nie, maar ek dink vir 30 mense het ons 'n massive impak gemaak op die mense.  Ek meen, stap deur die glas wat die mense gooi 8km op die warm teer (so bly dat dit begin reën het).

Ek kan net dankie sê vir almal wat uitgehelp het en met die Liefde en Genade van Bo af dat Hy die projek so seën.

Ons is besig om iets te bereik en ek wil dit nog groter maak.  Ons beplan nou so paar events. Bly op die uitkyk en kry jou mense om te join.  Ek vat nou daardie 30 wat saam was.  Almal het net dit vir hulself lekker gemaak en dit laat tel.  As ons nog mense kan kry sal dit net groter en groter raak.  Die bewusmaking loop goed, kom ons hou so aan.

Barefoot blessings

Sunday, February 6, 2011

'n Groter vuur

Nou maar hier is hy nou.  Was so bietjie agter met al die admin en so aan met die vrek lang vakansie, so dis nou tyd om weer op datum te kom.

Eers vir so bietjie eerlikheid.  Net so voor die drie maande merk sit ek een aand en praat met 'n pel en ek het net gesê dat ek oor dit is.  In ander woorde was ek net "gatvol". My hakke bars.  Toon naels kraak.  Voete het blase.  Ek moes nou onlangs vir amper drie weke lank op die kant van my linkervoet loop want dit was net te seer.  Maar toe loop ek 'n paar mense raak wat vra hoe dit met die projek gaan, wat my planne is en al daardie dinge. Van voor af het dit net weer begin spark, en baie dankie aan die mense wat daai spark gegee het.

Van daar af slaan ons sommer 'n lekker interview by Tuks fm en boost dit bigtime.  Ek het met tuks jool gaan praat en het 'n plek gekry om die optog saam te doen (kaalvoet natuurlik).

Dinge wat my nog hoop gegee het was toe ek onlangs klere gaan aflaai het by Doulos en net om te sien hoe bly dit die mense se harte maak en dit het my bly gemaak.  Tans staan dit seker al op so 25 sakke wat mense geskenk het!

Dinge begin nou weer mooi loop. My voet is gesond en ek is van voor af gemotiveerd.  Dink daaraan om tog miskien vir 'n website te gaan, net om dit alles meer legit te maak.

'n Ander ding wat ek wil sê is dankie.  Dankie aan almal wat ondersteun.  Wat hoop gee.  Wat idees gee.  Julle is almal bevange mense en ek is baie baie dankbaar dat dit soveel van julle raak en dat almal entoesiaties is oor die projek. Julle ondersteuning word regtig baie gewardeer.

Hou julle oë oop vir nog posts. Sal bietjie van die Doulos foto's opsit en so aan.

Be blessed people

Tuesday, December 14, 2010

Wees dankbaar vir wat jy het

Wardering vir wat jy het is 'n groot ding.  As jy nie kan wardeer wat jy het nie, hoe kan jy enigiets anders wardeer.  


Ek het dit vandag weer besef nadat ek vir my tannie gaan kuier het.  Sy het onlangs 'n bilaterale bobeen amputasie gehad, so ons het bietjie gaan kyk hoe dit met haar gaan.  Sy sê die enigste ding wat sy mis is om te kan loop.  Dis basic.  Net om te kan loop.  Hierso trippel ons almal rond en alles, maar sy wil net 'n basiese ding hê wat so ingeprogrammeer is by ons as mens.


Hierdie uitstappe het vir my nou soveel meer motivering gegee vir die projek en nuwe horisonne vir my oopgemaak (as ek dit so kan stel).  Nuwe idees.  Nog meer visie vir wat ek met die hele projek wil bereik.  


Hou julle oë oop en spits julle ore.


Barefoot Blessings

Friday, December 10, 2010

Every Human Has Rights

Today is International Human Rights day and what are you going to do about it?  Tell you what.  Take off your shoes and join the awareness against poverty.  It's easy.  It's free.  And it's quite fun actually.  You will get a strange look here and there, but imagine the lives of other who don't have any shoes at all.  Exchange your shoes for a weird glance and help make people aware that there are other people who are not as privileged as we are.


Have a look at this campaign, they are busy with an amazing job.  The also give me so much opportunities for my own project and I am helping them out as well.  Their Facebook is Every Human Has Rights and also go have a look at their website Barefoot Against Poverty.

Thursday, December 9, 2010

Hoe groot is jou wêreld?

Ek het vandag bietjie gaan lunch saam my geliefde ma en so het ons gesit en kuier en net gesels.  Ek sê toe vir haar dat dit regtig meer opvallend is om te sien hoe mense swaarkry terwyl jy besig is om uit te help.  Dit wil jou net meer laat help (which is a good thing).

Terwyl ons so sit en kuier vertel sy my van die karwagte wat afgedank is by 'n sekere sentrum. Ek was regtig geskok. Ek meen, kan jy 'n karwag afdank? Come on! Maar, darrem het hulle nou werk gekry by die ander sentrum wat ons meer benut.

My ma het een van hierdie karwagte bevriend.  Die knaap, sal jy agterkom, is so bietjie aan die stadige kant en hy het in my ma (en vandag in my) hart ingeklim.  Hoe hulle tevrede is met die bietjie wat hulle het.  Ek meen, daar moet eintlik na hom omgesien word, maar nee, hier staan hy en sy sussie en pas karre op want hulle versorg hul ma wat kanker het.  Dit is amazing.

So, toe koop ons vir die kêrel ook 'n burger en chips en 'n koeldrankie en klets toe so bietjie met hom.  Op die ou-eind van die klets groet hy ons "totsiens dame, totsiens seun. Geniet die vakansie, mooi ry, en wanneer julle julle toontjies in die sand sit by die see, dink tog aan my".  Hy sê toe vir ons sy sussie was iewers by die see en het vir hom 'n bottel vol "klippies" en water saamgebring en elke oggend skud hy hom "want seewater vergaan nie" en dan verbeel hy homself hy is by die see.

Kyk hoe klein is sy wêreld, maar hy is gelukkig.  Kyk wat besit ons, en ons kla.  Ons is ongelukkig.  Dit werk nie, dat werk nie, ek soek 'n upgrade. Moan, kla, moan (weereens sit die "ag man moenie moan nie, eet jou kaas en jou pelonie in my kop vas, dankie).  Kom ons wardeer bietjie wat ons het. Sê dankie vir wat jy het.  Jou situasie kon soveel erger gewees het. Kom ons help ons medemens uit.

 Barefoot blessings

Friday, December 3, 2010

Getting the deeper meaning

Impulsive at Amanzintoti for a road trip
These guys took one for the team.  I must say this is the worst I've had with my feet.  From jump starting cars, stepping in countless pieces of glass and just burning on very hot tarred surfaces, I really started to realize how it must be to not even own a pair of shoes.  

That is the whole idea behind this project.  That is exactly why I am doing this; so that you can relate to other people not having shoes.  Here we are, can't even decide on which pair to wear.  I want to make people, especially students, aware of poverty, of what is going on around you.

International Human Rights day is coming up the 10th of December, and I want everyone reading here to join it. Put yourself in the "shoes" of poverty and see what it feels like going without shoes. For more information on this go check out their site at www.barefootagainstpoverty.org or their Facebook and become a warrior against poverty.

You will really start to appreciate what you have.  I have been doing this now for almost seven weeks.  My feet are getting strong but sometimes you just miss your shoes.  But after a long day of traveling around and stepping in all kinds of stuff, the wash makes it all better again.  You will see how important your feet really are.  

I think if all of us can stand together and work as one man we can change the lives of a lot of people.  We can be the water washing them clean again. Give them hope, dreams.  Give them something to look forward to.

Let's do this. Let's give back to the community and let's help  a brother/sister out.

Barefoot Blessings


Sunday, November 28, 2010

Sondae

Sondag is rusdag (vir my voete), maar nie vir die brein aktiwiteite nie.  Emails van mense gekry die week, mense wat ek ken, mense wat ek nie ken nie.  Mense wat wil help en wat gehelp wil word.  Die projek loop goed, wens net ek kon dadelik van die mense uithelp.  Ons besef nie altyd wat in ander mense se lewens aangaan nie en ons kan ook maar baie judgemental wees.


Ek wil elkeen van julle wat hier lees uitnooi om deel te wees van die projek. Hoe meer mense ons kan betrek hoe beter gaan dit wees, en jy kry die kans om jou naaste uit te help (noggal cool ne?).  So join kaalvoetsaterdae, vertel jou vriende wat aan die gang is, versprei die hype. 

Thursday, November 25, 2010

Hartroerende Stuk geskryf uit 'n Plakkerskamp buite Pretoria

Lees bietjie hierdie brief van die ma uit 'n plakkerskamp buite Pretoria 

Uit die hart van 'n moeder

Ek stap vanoggend weg van die plek waar dit dié slag Sarie se beurt was om haar kindjie te begrawe, sommer hier in die kamp, op 10 Julie 2010.
Sal iemand ooit weet of onthou klein Jana was ook vir 'n rukkie, 'n volle 16 maande, hier op aarde, of beteken dit as jy arm is en jy gaan sommer dood van koue, dat dit nie saak maak nie en dat die lewe maar net moet aangaan sonder jou, sonder om jou te mis of om 'n gat te los? In Sarie se hart het haar kind se dood 'n gat gelos - vir ewig. Die winter het ons gevang hierdie jaar.

Ag, Here, hoekom is ek hier? Hoekom is my lewe en my kinders en my hele bestaan opgesom in 'n vuil, gemufde tent vol uitgooigoed en vrot goed? Ek leef en oorleef met ander mense se weggooigoed op hierdie godverlate vlaktes waar nie eers 'n boom of gras se wortels wil vat nie. Niks wil hier wees nie, niemand moet hier wees nie...

Die kamp en sy mense en die moedeloosheid is besig om my siel lagie vir lagie af te skil tot daar niks van my gaan oorbly nie. Dit maak my dood, maar op ander maniere as wat honger of siekwees jou dood maak. Dit maak die rede dood 'n die rede vir opstaan en die rede vir weer probeer. Dit maak dit net dood.

Daar was vandag niks om te eet nie. My maag het al so gekrimp dat ek net een keer 'n dag hoef te eet. Ja, om te dink daar was 'n tyd wat ek maer wou wees. Ek wonder of dit my maag of my hart is wat pyn, want sien, Here, ék kan nog honger gaan lê, maar ek kan nie my kinders so sien nie! Dis 'n pyn wat jou lyf nie kan vat nie! Ek het vanaand net water op die gel-stofie gekook tot Magrietjie en boetie, Jan, op die ou end aan die slaap geraak het. Hulle het bly wag en mamma vertrou en nie eers gevra of getwyfel nie. Ek kon nie sê hier's niks om te eet nie.


Die kerk se mense het oor die naweek die afvalkos gebring wat Checkers uitgooi, maar wat jy nog kan eet - en jy sal dit eet, selfs al stink dit soos iets wat die varke moet eet. Jy grawe die beste uit vir jou kinders en jy eet dit. Dit het gehou tot gister, maar vandag was daar niks.

Ek probeer, Here, regtig, ek probeer. Ek versamel "scrap metal" en ek pas die mense se karre op by die Spar en soms kry ek 'n "tip" of 'n brood, maar ek vra nie ander mense om agter my te kyk nie, regtig! Ek sál nie vra nie! Ek kán nie, Here, ek voel ek mág nie! Ek sal eerder iets by iemand vat en u my laat straf - al is armwees genoeg van 'n straf. Ek sal eerder nóg straf vat, maar ek kán nie 'n ander mens vir iets vra nie. Asseblief, Here, moet my nooit so arm maak, dat ek moet vra nie.

Ek vra net vir u, Here, want u weet. U móét weet, want u het dan alles gemaak.Of het ék hierdie omstandighede gemaak? Is dit my skuld dat ek hier is? Is dit iets wat ek gedoen het en nou verdien ek om arm te wees? Miskien nog ek, Here, maar nie my kinders nie! Hulle het mos nie gevra om hier te wees nie. Hulle het mos nie gekies nie..

Hoe maak u kinders en laat hulle doodgaan van koue ... doodgaan omdat hulle nie medisyne kan kry wat die siekte stop nie? Hoe laat u kinders vanaand honger gaan slaap omdat hulle ma net water het om te kook? Hoekom laat u toe dat wrede, ryk kinders hulle spot uitspoeg na dit wat ons huis noem? Hulle weet nie wat hulle doen nie! Hulle weet nie hoe hulle woorde, wrokke en wrakke van ons harte maak nie. Vergewe hulle, Here, want hoe móét hulle weet? En hoe kán jy, as jy alles het, jou in mense se nood indink of inleef of invoel?

Maak my kinders sterk, Here, want hulle maak my sterk. Ek wil ook opstaan as ek sien hoe hulle elke dag sonder kla of moeg raak of inkrimp op hulle voete bly en selfs trots bly. Ja, hulle lag nog, hulle hoop nog. Ek wil selfs sê hulle vertrou nog  op my as ma wat maar sal sorg en sal voorsien soos wat u vir my gee om te kan voorsien. Hulle leef met 'n verwagting. Hoe kan ek dan opgee? Ek kan mos nie.

Nee, solank as wat u my genadig is en ek vandag oorleef, sal ek maar weer opstaan more en sal ek veg vir die more daarna vir my kinders. Ek sal more weer my kinders vertel daar kom iets goed hierna, al kan ons dit nog nie sien nie en al kan ons dit nie eers dink nie, want op 'n manier glo hulle dit. Al leef ons hier eenkant waar die lewe ons weggegooi het. Al reën dit weer en muf dit verder en al koop niemand meer my "scrap metal" of "tip" my vir die karre wat ek oppas nie. Ek kies lewe! Ek kies dit, want dis in my bloed en dit loop deur my are en deur die eeue. En dit loop deur ons geskiedenis en deur elke uithoek van hierdie land. Dit loop deur my en dit loop ook deur Oom Bertus wat die kos bring, Sarie wat treur, Liena wat te veel drink, Pieta wat 'n brandweerman wil word en selfs Magda wat wag om dood te gaan.

Lewe. En hoop. En geloof. Wees ons genadig, Heer, terwyl ons bewerig en bang die lewe kies.

Kom ons staan saam en help hierdie mense uit.  Daar is mense wat dit regtig meer nodig het as ons.  As jy voel jy wil 'n bydra lewer kontak my gerus.

Sunday, November 21, 2010

Besige tye

Hierdie week was bietjie meer besig as wat ek gedink het dit gaan wees, maar all and all good stuff! Goeie publicity gekry.  Het lekker op Tuks fm gaan gesels.  More is dit tswane beeld.

'n Vriendin van my het my laat weet (sy werk by jacaranda) dat sy 'n show saam Pieter Koen gedoen het en sy het hom bietjie vertel van wat ek doen.  Hy sê toe vir haar dat hy sal like om 'n show vir Kwela te wil doen oor dit - imagine net dit! wow. Kom ons hoop maar vir die beste.

Hier is 'n paar kiekies wat geneem is lately deur my ma, ek het haar geleer om te "twit" hehe. Sy raak noggal oulik x

Hazelwood Foodmarket

Corra se groente tuin

Ooskerk
Eerste maand is agter die rug en dit gaan baie goed verder. Hou dop vir nog nuus en join die facebook page of twitter my @DapperTrapper :)

and remember, You are too blessed to be stressed. **

Thursday, November 18, 2010

Seriously?

Haha, ek kan maar net lag vir Dropzone bouncers. Arme siele.  Ek gaan gisteraand saam 'n pel bietjie op na mordor en die bouncertjie stop my en vra "waar is jou skoene ou?"  Ek verduidelik toe vir hom die hele ding en hy kyk my steeds funny aan. Hy haak toe af "so jy gaan tot kaalvoet kampus toe?" en ek antwoord "ja bra, ek gaan pretty much oral kaalvoet".  Hy kyk my nog funny aan en sê "tot werk toe en kerk toe?"

Haha ai. Het dit noggal geniet want hulle scheme as ek in glas trap dan gaan ek die plek dagvaar en what not.  Ek wou maar net 'n bier drink en die projek bemark.

Wednesday, November 17, 2010

Omtrent 11 uur se kant, 16 Nov 2010

Legit mense. Sout van die aarde. Ek sit en drink 'n bier saam Basil en chat (maar blog gou-gou terwyl hy dans).
Geloof. Norme. Waardes. Jou eie idees en sien die van ander ook in.  Hy het sopas sy skoene uitgetrek en gesê "$%^@ die skoene!". Haha what a guy (maar hy sit nou en was die vuil af met 'n ysie, cute). Ek dink dis waaroor die hele idee gaan. Doen dit net!

Probeer dit!

Tuesday, November 16, 2010

Sielekos

Ek het gister bietjie by my ou wyse moeder gaan kuier.  Sien ons twee loop saam soos boude (hoe like jy dit?).  Het noggal die behoefte gehad om net te chat en net bietjie te ontlaai (hierdie eksamen ding staan in my pad).  

Ons het so gesit en praat en ek het toe net besef hoe blessed ons eintlik is.  Aan die begin van die projek (aka 4 weke terug) het ek nie gedink ek sal soveel mense kry om deel te wees hiervan nie. Maar kyk nou! 'n Dag se bietjie aansporing op gesigboek en die mense begin hul geldjies stuur om uit te help (julle is wonderlik).

Ek het toe net besef dat regtig "You are too blessed to be stressed" volgens die woorde van my ma en dit 'n my motivering vir wat voorle. So ek deel dit met julle. We are all too blessed to be stressed. 

Dink daaroor.

Monday, November 15, 2010

Rainy days

Ek moet sê, ek geniet noggal die dae wanneer dit reën.  Dit maak die hele voete was proses baie makliker :)  Usually takes about half an hour en dan bly daar nog so funky ondertoon (ha no pun intended) oor.  Maar all and all, voete was is noggal 'n relief... Jy leer om jou voete soveel meer te wardeer na 'n dag se randloop en in allerhande voorwerpe trap (soos chappies, met skoene is dit cool, kaalvoet = not cool).  

Nou sit ek by myself en dink, "man, hoe moet die mense voel wat nie eers voete kan was nie?".  Hier sit ek met warm water, 'n skuurder en 'n roompie.

Die hele proses, wat nou al amper 'n maand is, raak 'n ou noggal aan die emotional side.  Jy begin regtig anders dink.  

Ek scheme elkeen wat hier lees, as jy kan, moet dit try vir 'n week, kyk hoe voel jy.  Die werkendes, try dit oor 'n naweek of in die vakansie :)

Happy days

Sunday, November 14, 2010

Nuwe Fashion Trend

Ek het noudie aand in Brooklyn gaan rondloop en gesien dat hulle pakke sonder skoene adverteer.  Wys jou ne!  Dit gee nogsteeds die formal look maar met so touch of hippie-ism ;-)

Saturday, November 13, 2010

Skade!

Sjoh, hierdie bad boys het gisteraand noggal punishment gevat!  Het so biertjie of twee gaan geniet saam 'n paar pelle, maar DropZone het meer gelyk soos BattleZone!  Soos wat ek loop vee ek glas uit :-/

Haha noggal 'n snaakse ding beleef in Menlyn gister.  Gaan Look & Listen toe, en soos wat ek instap kyk daar so groepie meisies na my en bars net uit van die lag (weet nie of dit die kombinasie van kaalvoet ek snor was nie).

Maar ek moet sê, die woord het mooi versprei gisteraand.  Mense het my sommer randomly begin join vir rukkies en nog mense gaan vertel en dit het net mooi geloop! (no pun intended hehe).

Wednesday, November 10, 2010

Bietjie evidence dat ek wel kaalvoet square toe gaan (ja dit is 'n risk, 2 snye and baie brandwonde later)

3 weke in

So ek het nou besluit om 'n blog te begin waar ek so bietjie dagboek gaan hou van die gevoelens en al daardie oulike goed wat ek ervaar in die volgende jaar met die projek.

Ek sit nou juis (terwyl ek moet leer) en dink...

Dit is nou al drie weke in, en ek as mens voel al anders.  Ek het tans nie 'n woord om dit te beskryf nie, maar dit is 'n kinda lekker gevoel.  Iets in die agterkop wat jou motiveer om dit te doen, om aan te hou.  Te weet dat jy iemand se lewe gaan raak.