My hart het regtig uit gegaan aan die mense en dit was amazing om hulle dankbaarheid te ervaar. Daar was een man wat gevra het vir 'n tweede happie en toe sy kos vir die maat langs hom gegee. Dit maak 'n mens bly om ook die goedhartigheid onder hulle te sien.
Ek het met een van die ander manne bietjie gesels, want ek het gesien hy het UNISA papiere voor hom. Nogal oulik. Hy vertel my dat hy begin het met so bietjie bemarking en so maar wil meer in die multi media inbeweeg.
Dis goed om te sien dat van hulle moeite doen. Dis nie die beste omstandighede om in te wees nie, maar tog maak hulle werk daaraan om iets te probeer doen met hulle lewens.
No comments:
Post a Comment