Wardering vir wat jy het is 'n groot ding. As jy nie kan wardeer wat jy het nie, hoe kan jy enigiets anders wardeer.
Ek het dit vandag weer besef nadat ek vir my tannie gaan kuier het. Sy het onlangs 'n bilaterale bobeen amputasie gehad, so ons het bietjie gaan kyk hoe dit met haar gaan. Sy sê die enigste ding wat sy mis is om te kan loop. Dis basic. Net om te kan loop. Hierso trippel ons almal rond en alles, maar sy wil net 'n basiese ding hê wat so ingeprogrammeer is by ons as mens.
Hierdie uitstappe het vir my nou soveel meer motivering gegee vir die projek en nuwe horisonne vir my oopgemaak (as ek dit so kan stel). Nuwe idees. Nog meer visie vir wat ek met die hele projek wil bereik.
Hou julle oë oop en spits julle ore.
Barefoot Blessings
No comments:
Post a Comment