Ek het gister bietjie by my ou wyse moeder gaan kuier. Sien ons twee loop saam soos boude (hoe like jy dit?). Het noggal die behoefte gehad om net te chat en net bietjie te ontlaai (hierdie eksamen ding staan in my pad).
Ons het so gesit en praat en ek het toe net besef hoe blessed ons eintlik is. Aan die begin van die projek (aka 4 weke terug) het ek nie gedink ek sal soveel mense kry om deel te wees hiervan nie. Maar kyk nou! 'n Dag se bietjie aansporing op gesigboek en die mense begin hul geldjies stuur om uit te help (julle is wonderlik).
Dink daaroor.
Sjoe jong dankie dat ek weer vanoggend deur hierdie woorde herinner kan word dat ek soooooo baie het om voor dankbaar te wees....dankie vir die stukkie sielekos
ReplyDeleteAg dit is 'n groot plesier :)
ReplyDelete