As ek kyk wat nou al die afgelope vyf maande gebeur het is dit net asemrowend.
Ek vat nou vandag weer. Ek vat vandag weer. Ek leer elke keer iets nuuts as ek die donasies by Doulos gaan afgee. Ek's bly dat ek Oom Hans daar gevind het en kon bietjie met hom klets.
Maar eers...
Ek wil net baie dankie se aan 'n sekere oom. 'n Pel van my se familie lid. Die oom het onlangs verjaar en 'n partytjie gehou. Hy wou nie geskenke of iets gehad het nie, maar donasies/bydrae. Hy skenk gereeld iets vir liefdadigheid en hy het toe die bedrag aan my uitgemaak (altans die projek). 'n Bedrag van 6 600 was geskenk vir die projek en ek het dit reguit Doulos toe gevat. Die mense daar was vreeslik verheug oor die donasie en so het dit gekom dat ek die bedrag aan hulle skenk met die oog om opleiding/opvoeding vir die jeug te bied. Ek het gehoor dat hulle besig is om 'n studie/akademiese sentrum op te rig, so dit gaan vir die bevordering/opbou van daardie sentrum sodat daar geleer kan word en geleenthede geskep kan word vir ander.
Ta' Snow, My Ma, Oom Willem |
Ek, Ta'Snow, Oom Willem |
Dan soek ek mense wat sal belangstel om saam een saterdag na die nedersettings toe te gaan. Doulos sal ons na die kampte toe neem en ons kan dan self ervaar wat dar gebeur en hoe die omstandighede is. Ek soek mense wat kan fotos/videos neem sodat ek bietjie materiaal kan kry vir die presentation, so as daar mense is wat wil help daarmee, kontak my asseblief.
Kaalvoet Groete
No comments:
Post a Comment