Ek het vandag bietjie gaan lunch saam my geliefde ma en so het ons gesit en kuier en net gesels. Ek sê toe vir haar dat dit regtig meer opvallend is om te sien hoe mense swaarkry terwyl jy besig is om uit te help. Dit wil jou net meer laat help (which is a good thing).
Terwyl ons so sit en kuier vertel sy my van die karwagte wat afgedank is by 'n sekere sentrum. Ek was regtig geskok. Ek meen, kan jy 'n karwag afdank? Come on! Maar, darrem het hulle nou werk gekry by die ander sentrum wat ons meer benut.
My ma het een van hierdie karwagte bevriend. Die knaap, sal jy agterkom, is so bietjie aan die stadige kant en hy het in my ma (en vandag in my) hart ingeklim. Hoe hulle tevrede is met die bietjie wat hulle het. Ek meen, daar moet eintlik na hom omgesien word, maar nee, hier staan hy en sy sussie en pas karre op want hulle versorg hul ma wat kanker het. Dit is amazing.
So, toe koop ons vir die kêrel ook 'n burger en chips en 'n koeldrankie en klets toe so bietjie met hom. Op die ou-eind van die klets groet hy ons "totsiens dame, totsiens seun. Geniet die vakansie, mooi ry, en wanneer julle julle toontjies in die sand sit by die see, dink tog aan my". Hy sê toe vir ons sy sussie was iewers by die see en het vir hom 'n bottel vol "klippies" en water saamgebring en elke oggend skud hy hom "want seewater vergaan nie" en dan verbeel hy homself hy is by die see.
Kyk hoe klein is sy wêreld, maar hy is gelukkig. Kyk wat besit ons, en ons kla. Ons is ongelukkig. Dit werk nie, dat werk nie, ek soek 'n upgrade. Moan, kla, moan (weereens sit die "ag man moenie moan nie, eet jou kaas en jou pelonie in my kop vas, dankie). Kom ons wardeer bietjie wat ons het. Sê dankie vir wat jy het. Jou situasie kon soveel erger gewees het. Kom ons help ons medemens uit.
No comments:
Post a Comment