Sondag is rusdag (vir my voete), maar nie vir die brein aktiwiteite nie. Emails van mense gekry die week, mense wat ek ken, mense wat ek nie ken nie. Mense wat wil help en wat gehelp wil word. Die projek loop goed, wens net ek kon dadelik van die mense uithelp. Ons besef nie altyd wat in ander mense se lewens aangaan nie en ons kan ook maar baie judgemental wees.
Ek wil elkeen van julle wat hier lees uitnooi om deel te wees van die projek. Hoe meer mense ons kan betrek hoe beter gaan dit wees, en jy kry die kans om jou naaste uit te help (noggal cool ne?). So join kaalvoetsaterdae, vertel jou vriende wat aan die gang is, versprei die hype.
Hi everyone. This blog moved to www.heiniestoftrapper.posterous.com so go check it out over there. Barefoot Blessings
Sunday, November 28, 2010
Thursday, November 25, 2010
Hartroerende Stuk geskryf uit 'n Plakkerskamp buite Pretoria
Lees bietjie hierdie brief van die ma uit 'n plakkerskamp buite Pretoria
Uit die hart van 'n moeder
Ek stap vanoggend weg van die plek waar dit dié slag Sarie se beurt was om haar kindjie te begrawe, sommer hier in die kamp, op 10 Julie 2010. Sal iemand ooit weet of onthou klein Jana was ook vir 'n rukkie, 'n volle 16 maande, hier op aarde, of beteken dit as jy arm is en jy gaan sommer dood van koue, dat dit nie saak maak nie en dat die lewe maar net moet aangaan sonder jou, sonder om jou te mis of om 'n gat te los? In Sarie se hart het haar kind se dood 'n gat gelos - vir ewig. Die winter het ons gevang hierdie jaar.
Ag, Here, hoekom is ek hier? Hoekom is my lewe en my kinders en my hele bestaan opgesom in 'n vuil, gemufde tent vol uitgooigoed en vrot goed? Ek leef en oorleef met ander mense se weggooigoed op hierdie godverlate vlaktes waar nie eers 'n boom of gras se wortels wil vat nie. Niks wil hier wees nie, niemand moet hier wees nie...
Die kamp en sy mense en die moedeloosheid is besig om my siel lagie vir lagie af te skil tot daar niks van my gaan oorbly nie. Dit maak my dood, maar op ander maniere as wat honger of siekwees jou dood maak. Dit maak die rede dood 'n die rede vir opstaan en die rede vir weer probeer. Dit maak dit net dood.
Daar was vandag niks om te eet nie. My maag het al so gekrimp dat ek net een keer 'n dag hoef te eet. Ja, om te dink daar was 'n tyd wat ek maer wou wees. Ek wonder of dit my maag of my hart is wat pyn, want sien, Here, ék kan nog honger gaan lê, maar ek kan nie my kinders so sien nie! Dis 'n pyn wat jou lyf nie kan vat nie! Ek het vanaand net water op die gel-stofie gekook tot Magrietjie en boetie, Jan, op die ou end aan die slaap geraak het. Hulle het bly wag en mamma vertrou en nie eers gevra of getwyfel nie. Ek kon nie sê hier's niks om te eet nie.
Die kerk se mense het oor die naweek die afvalkos gebring wat Checkers uitgooi, maar wat jy nog kan eet - en jy sal dit eet, selfs al stink dit soos iets wat die varke moet eet. Jy grawe die beste uit vir jou kinders en jy eet dit. Dit het gehou tot gister, maar vandag was daar niks.
Ek probeer, Here, regtig, ek probeer. Ek versamel "scrap metal" en ek pas die mense se karre op by die Spar en soms kry ek 'n "tip" of 'n brood, maar ek vra nie ander mense om agter my te kyk nie, regtig! Ek sál nie vra nie! Ek kán nie, Here, ek voel ek mág nie! Ek sal eerder iets by iemand vat en u my laat straf - al is armwees genoeg van 'n straf. Ek sal eerder nóg straf vat, maar ek kán nie 'n ander mens vir iets vra nie. Asseblief, Here, moet my nooit so arm maak, dat ek moet vra nie.
Ek vra net vir u, Here, want u weet. U móét weet, want u het dan alles gemaak.Of het ék hierdie omstandighede gemaak? Is dit my skuld dat ek hier is? Is dit iets wat ek gedoen het en nou verdien ek om arm te wees? Miskien nog ek, Here, maar nie my kinders nie! Hulle het mos nie gevra om hier te wees nie. Hulle het mos nie gekies nie..
Hoe maak u kinders en laat hulle doodgaan van koue ... doodgaan omdat hulle nie medisyne kan kry wat die siekte stop nie? Hoe laat u kinders vanaand honger gaan slaap omdat hulle ma net water het om te kook? Hoekom laat u toe dat wrede, ryk kinders hulle spot uitspoeg na dit wat ons huis noem? Hulle weet nie wat hulle doen nie! Hulle weet nie hoe hulle woorde, wrokke en wrakke van ons harte maak nie. Vergewe hulle, Here, want hoe móét hulle weet? En hoe kán jy, as jy alles het, jou in mense se nood indink of inleef of invoel?
Maak my kinders sterk, Here, want hulle maak my sterk. Ek wil ook opstaan as ek sien hoe hulle elke dag sonder kla of moeg raak of inkrimp op hulle voete bly en selfs trots bly. Ja, hulle lag nog, hulle hoop nog. Ek wil selfs sê hulle vertrou nog op my as ma wat maar sal sorg en sal voorsien soos wat u vir my gee om te kan voorsien. Hulle leef met 'n verwagting. Hoe kan ek dan opgee? Ek kan mos nie.
Nee, solank as wat u my genadig is en ek vandag oorleef, sal ek maar weer opstaan more en sal ek veg vir die more daarna vir my kinders. Ek sal more weer my kinders vertel daar kom iets goed hierna, al kan ons dit nog nie sien nie en al kan ons dit nie eers dink nie, want op 'n manier glo hulle dit. Al leef ons hier eenkant waar die lewe ons weggegooi het. Al reën dit weer en muf dit verder en al koop niemand meer my "scrap metal" of "tip" my vir die karre wat ek oppas nie. Ek kies lewe! Ek kies dit, want dis in my bloed en dit loop deur my are en deur die eeue. En dit loop deur ons geskiedenis en deur elke uithoek van hierdie land. Dit loop deur my en dit loop ook deur Oom Bertus wat die kos bring, Sarie wat treur, Liena wat te veel drink, Pieta wat 'n brandweerman wil word en selfs Magda wat wag om dood te gaan.
Lewe. En hoop. En geloof. Wees ons genadig, Heer, terwyl ons bewerig en bang die lewe kies.

Kom ons staan saam en help hierdie mense uit. Daar is mense wat dit regtig meer nodig het as ons. As jy voel jy wil 'n bydra lewer kontak my gerus.
Sunday, November 21, 2010
Besige tye
Hierdie week was bietjie meer besig as wat ek gedink het dit gaan wees, maar all and all good stuff! Goeie publicity gekry. Het lekker op Tuks fm gaan gesels. More is dit tswane beeld.
'n Vriendin van my het my laat weet (sy werk by jacaranda) dat sy 'n show saam Pieter Koen gedoen het en sy het hom bietjie vertel van wat ek doen. Hy sê toe vir haar dat hy sal like om 'n show vir Kwela te wil doen oor dit - imagine net dit! wow. Kom ons hoop maar vir die beste.
Hier is 'n paar kiekies wat geneem is lately deur my ma, ek het haar geleer om te "twit" hehe. Sy raak noggal oulik x
Hazelwood Foodmarket |
Corra se groente tuin |
Ooskerk |
Eerste maand is agter die rug en dit gaan baie goed verder. Hou dop vir nog nuus en join die facebook page of twitter my @DapperTrapper :)
Thursday, November 18, 2010
Seriously?
Haha, ek kan maar net lag vir Dropzone bouncers. Arme siele. Ek gaan gisteraand saam 'n pel bietjie op na mordor en die bouncertjie stop my en vra "waar is jou skoene ou?" Ek verduidelik toe vir hom die hele ding en hy kyk my steeds funny aan. Hy haak toe af "so jy gaan tot kaalvoet kampus toe?" en ek antwoord "ja bra, ek gaan pretty much oral kaalvoet". Hy kyk my nog funny aan en sê "tot werk toe en kerk toe?"
Wednesday, November 17, 2010
Omtrent 11 uur se kant, 16 Nov 2010
Legit mense. Sout van die aarde. Ek sit en drink 'n bier saam Basil en chat (maar blog gou-gou terwyl hy dans).
Geloof. Norme. Waardes. Jou eie idees en sien die van ander ook in. Hy het sopas sy skoene uitgetrek en gesê "$%^@ die skoene!". Haha what a guy (maar hy sit nou en was die vuil af met 'n ysie, cute). Ek dink dis waaroor die hele idee gaan. Doen dit net!
Probeer dit!
Probeer dit!
Tuesday, November 16, 2010
Sielekos
Ek het gister bietjie by my ou wyse moeder gaan kuier. Sien ons twee loop saam soos boude (hoe like jy dit?). Het noggal die behoefte gehad om net te chat en net bietjie te ontlaai (hierdie eksamen ding staan in my pad).
Ons het so gesit en praat en ek het toe net besef hoe blessed ons eintlik is. Aan die begin van die projek (aka 4 weke terug) het ek nie gedink ek sal soveel mense kry om deel te wees hiervan nie. Maar kyk nou! 'n Dag se bietjie aansporing op gesigboek en die mense begin hul geldjies stuur om uit te help (julle is wonderlik).
Dink daaroor.
Monday, November 15, 2010
Rainy days
Ek moet sê, ek geniet noggal die dae wanneer dit reën. Dit maak die hele voete was proses baie makliker :) Usually takes about half an hour en dan bly daar nog so funky ondertoon (ha no pun intended) oor. Maar all and all, voete was is noggal 'n relief... Jy leer om jou voete soveel meer te wardeer na 'n dag se randloop en in allerhande voorwerpe trap (soos chappies, met skoene is dit cool, kaalvoet = not cool).
Nou sit ek by myself en dink, "man, hoe moet die mense voel wat nie eers voete kan was nie?". Hier sit ek met warm water, 'n skuurder en 'n roompie.
Die hele proses, wat nou al amper 'n maand is, raak 'n ou noggal aan die emotional side. Jy begin regtig anders dink.
Ek scheme elkeen wat hier lees, as jy kan, moet dit try vir 'n week, kyk hoe voel jy. Die werkendes, try dit oor 'n naweek of in die vakansie :)
Sunday, November 14, 2010
Nuwe Fashion Trend
Ek het noudie aand in Brooklyn gaan rondloop en gesien dat hulle pakke sonder skoene adverteer. Wys jou ne! Dit gee nogsteeds die formal look maar met so touch of hippie-ism ;-)
Saturday, November 13, 2010
Skade!
Sjoh, hierdie bad boys het gisteraand noggal punishment gevat! Het so biertjie of twee gaan geniet saam 'n paar pelle, maar DropZone het meer gelyk soos BattleZone! Soos wat ek loop vee ek glas uit :-/
Haha noggal 'n snaakse ding beleef in Menlyn gister. Gaan Look & Listen toe, en soos wat ek instap kyk daar so groepie meisies na my en bars net uit van die lag (weet nie of dit die kombinasie van kaalvoet ek snor was nie).
Wednesday, November 10, 2010
3 weke in
So ek het nou besluit om 'n blog te begin waar ek so bietjie dagboek gaan hou van die gevoelens en al daardie oulike goed wat ek ervaar in die volgende jaar met die projek.
Ek sit nou juis (terwyl ek moet leer) en dink...
Dit is nou al drie weke in, en ek as mens voel al anders. Ek het tans nie 'n woord om dit te beskryf nie, maar dit is 'n kinda lekker gevoel. Iets in die agterkop wat jou motiveer om dit te doen, om aan te hou. Te weet dat jy iemand se lewe gaan raak.
Subscribe to:
Posts (Atom)